Geloof en doop – Deel 2

[LW: Hierdie is ‘n voorlopige plasing van ‘n onvoltooide stuk]

Deel 2: Breë teologiese kontekste

Continue reading “Geloof en doop – Deel 2”

Advertisements

Geloof en doop – Deel 1

Deel 1: Geskiedenis en inleidende konsepte

Inleiding

Om te glo lê aan die hart van die Christelike geloof, want dit het God behaag om die wat glo, te red.  Maar wat beteken dit om te glo?  Hoedanig moet geloof wees om reddende geloof te wees?  En wat is die verband tussen die doop en geloof?

Aan die een kant weet ons almal, sonder om dit in woorde te formuleer, wat dit beteken om te glo.  Maar aan die ander kant is daar dieper wortels van oortuiging aangaande dit wat ons dink geloof is, wat op verskillende maniere en in verskillende standpunte manifesteer.  Dan noodsaak dit ’n teoretiese oopbreek van die begrip om veronderstellings te ontbloot. Want daar is baie in Suid-Afrika wat sê dat hulle Christene is, dat hulle die Christelike geloof aanhang, en tog weet ons dat almal wat so sê nie ’n reddende geloof het nie.  Dan is daar ook die teologiese strydpunt rondom die kinderdoop, waar Baptiste argumenteer dat babas nie oor die vermoë beskik om te glo nie, terwyl daar mense is wat argumenteer dat babas wel op een of ander manier geloof kan hê, en ander wat redeneer dat geloof nie ‘n voorvereiste is by die kinderdoop nie.

Die doel van hierdie artikel is om na te speur wat die aard van geloof is, hoedanig die geloof lyk wat red, hoe dit met die doop verband hou en wat die implikasie daarvan is. Continue reading “Geloof en doop – Deel 1”

Kan ’n hoë betekenis van die doop konsekwent gehandhaaf word by die kinderdoop?

Hoe kan ’n “hoë betekenis” van die doop gehandhaaf word in die kinderdoop?  Prof. Adrio König oordeel dat die “hoë betekenis” met die kinderdoop versoenbaar is deur dit te vergelyk met die gee van ’n skenking wat van geen waarde is voordat dit geneem word nie.  My beswaar hierteenoor is tweërlei: eerstens begryp ek nie hoe dit ’n oplossing bied nie, en tweedens kom die nuanse van hierdie verklaring nie duidelik na vore in die Gereformeerde doopsformulier of belydenisskrifte nie.

Continue reading “Kan ’n hoë betekenis van die doop konsekwent gehandhaaf word by die kinderdoop?”

Die lig wat ons het en die las van opinies

Wanneer ek besef dat rekenskap vereis word wanneer ek praat, vrees ek. Tog moet daar gepraat word, en die las van die verantwoordelikheid daarvan moet opgeneem word. Dit beteken nie dat almal op gelyke voet staan wanneer daar gepraat word nie. Daar moet in wysheid gepraat en in wysheid stilgebly word; respek moet ingewin word. Dit kan slegs gebeur waar God gevrees word. Maar ek moet ook kan luister. Daarvoor moet ek die regte leermeesters uitkies, die wyses wat wandel in die vrees van God. Dit sal my in staat stel om ook in wysheid te kan praat. Maar wanneer ek luister beteken dit nie passiewe luister nie, want verantwoordelik lê ook by my: ek moet beproef en ondersoek. En die doel? Eenheid in Christus, vernuwing van die verstand en ’n heilige lewe.

Continue reading “Die lig wat ons het en die las van opinies”

Mag ons dan vra na ’n evangelistiese kinderdoopbeskouing?

Meningsverskille rondom die aard en betekenis van die doop kan op die agtergrond skuif, solank die Evangelie en die verkondiging daarvan nie in gedrang kom nie. Maar bevorder die Gereformeerde Kerk se doopsbeskouing die verkondiging van die Evangelie? Nie so lank daar beweer word (soos in die Gereformeerde doopsformulier) dat gelowiges se babakinders almal “kinders van God” is en dat die doop daarvan getuig dat hulle sondes afgewas en dat hulle “in Christus” is nie.

Continue reading “Mag ons dan vra na ’n evangelistiese kinderdoopbeskouing?”